Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Joubert, Generaal Petrus Jacobus
Joubert, Generaal Petrus Jacobus [boodskap #122343] Wo, 19 Desember 2018 14:13
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Generaal Petrus Jacobus Joubert was naas Paul Kruger die bekendste openbare figuur in die Zuid-Afrikaansche Republiek en het die Boeremagte onder meer in die eerste Vryheidsoorlog en aan die begin van die Anglo-Boereoorlog aangevoer.

Joubert is in 1831 in die Kaapkolonie gebore. Word lid van die Volksraad en tree op die voorgrond as waarnemende President in 1875 tydens president Burgers se ampstermyn. Met die eerste Britse besetting van Transvaal het hy 'n leidende rol gespeel in die verset teen die nuwe bewind. Hy besoek die Kaap saam met president Kruger en word ook 'n lid van die Onafhanklikheidsafvaardiging na Europa. Hy was lid van die Driemanskap tydens die Eerste Vryheidsoorlog en is aangestel as opperbevelhebber van die Republikeinse magte. Hy was 'n ondertekenaar van die vredesverdrag in Pretoria. As lid van die Uitvoerende Raad het Joubert meer en meer met president Kruger gebots vanweë die feit dat hy die minder konserwatiewe element in die bevolking verteenwoordig het. Hy is aangestel as Superintendent van Naturellesake vir die Suid-Afrikaanse Republiek en in 1896 as Onderpresident. Joubert het telkemale teen president Kruger in verkiesings gestaan, maar is verslaan.

In die Tweede Vryheidsoorlog is hy aangestel as opperbevelhebber van die Boeremagte in Natal en was 'n held in die vroeëre krygsverrigtinge, totdat hy siek geword het en in Maart 1900 oorlede is.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Joubert, Generaal Francois Gerhardus
Volgende onderwerp: Joubertina
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:05:09 MGT 2024