Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Jones, Senator John David Rheinall
Jones, Senator John David Rheinall [boodskap #122337] Wo, 19 Desember 2018 07:29
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Senator John David Rheinallt Jones was 'n Wallies-Suid-Afrikaanse uitgewer en senator van die Suid-Afrikaanse Unie. Gebore in 1884 in Wallis en kom in 1905 na Suid-Afrika. Hy sluit aan by die personeel van die voormalige South African School of Mines and Technology in Johannesburg, later die Universiteit van die Witwatersrand. Help in 1929 met die stigting van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseaangeleenthede waarvan hy die eerste direkteur geword het en in 1937 word hy verkies tot die Uniesenaat as Naturelle-verteenwoordiger. Sekretaris van die Witwatersrandse Raad vir Opvoedkunde en redakteur van die tydskrif Bantu Studies. Hy was raadgewer in verband met naturelle-arbeiders vir die Anglo-American-myngroep. Hy het baie geskryf. Oorlede in 1953.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Jones, Guy Carleton
Volgende onderwerp: Jones, Sydney Twentyman
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:13:08 MGT 2024