Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Jones, Guy Carleton
Jones, Guy Carleton [boodskap #122336] Wo, 19 Desember 2018 07:23
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Guy Carleton Jones was 'n myningenieur en geoloog. Gebore op 30 Junie 1888 in Halifax, Kanada, en ontvang sy opleiding aan McGill-Universiteit, Montreal. In 1914 kom hy na Suid-Afrika, waar hy, behalwe vir sy oorlogsdiens, die res van sy lewe by die Consolidated Goldfields of South Africa werksaam is. Hy lewer 'n groot bydrae tot die ontwikkeling van die goudbedryf by Randfontein, asook tot die platinabedryf. Die Goue Medalje van die Institute of Mining and Metallurgy in Londen is aan hom toegeken. Oorlede op 3 Desember 1948. Sien Carletonville.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Johnston, Sir Harry Hamilton
Volgende onderwerp: Jones, Senator John David Rheinall
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:41:47 MGT 2024