Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Johnston, Sir Harry Hamilton
Johnston, Sir Harry Hamilton [boodskap #122335] Wo, 19 Desember 2018 07:22
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Harry Hamilton Johnston was 'n skrywer, ontdekkingsreisiger, administrateur en kunstenaar. Gebore in 1858 in Londen. As jong man studeer hy kuns waarin hy hom onderskei het. In 1879 kry hy 'n geleentheid om na Afrika te kon en hy reis in die noorde, in Angola en langs die Kongorivier op in die vroeë tagtigerjare. Het in 1884 'n ekspedisie na Kilimanjaro gelei. In 1888 is hy aangestel as Konsul vir die Provinsie van Mosambiek. Hy lei 'n ekspedisie na die Njassa-meer en daarna na die Tanganjika-meer vir die stigting van die British Central Africa Protectorate in 1889, later bekend as Malawi. Hier het Johnston aan die hoof gestaan van 'n mag wat die slawehandel onderdruk het. Sy veelsydigheid sluit in die ontdekking van 'n geheel en al nuwe dier in die Sentraal-Afrikaanse oerwoud, die okapi, die uitgee van talle boeke, soos bv. 'n voortsetting van Dickens se Dombey & Son, verhandelings oor Bantoetale en 'n versameling kortverhale, asook die komponeer van musiek. In 1927 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Johnson, Dr. George Lindsay
Volgende onderwerp: Jones, Guy Carleton
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:03:47 MGT 2024