Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Johnson, Dr. George Lindsay
Johnson, Dr. George Lindsay [boodskap #122334] Wo, 19 Desember 2018 07:18
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Dr. George Lindsay Johnson was 'n Suid-Afrikaanse deskundige op die gesig van diere en op kleurfotografie. Gebore in 1854 in Engeland. Hy studeer in Manchester, Cambridge en in Duitsland en spesialiseer in oogchirurgie. 'n Uitstaande wetenskaplike wat nie alleen baie belangrike boeke geskryf het nie (onder meer 'n verhandeling oor gleukoom) maar het ook in 1909 Photographic Optics and Colour Photography en in 1910 Photography in Natural Colours uitgegee. Albei was onder die eerste in hulle soort. Johnson wat aan die begin van die huidige eeu na Suid-Afrika gekom het, het 'n aantal nuwe optiese instrumente uitgevind, insluitend 'n nuwe verbeterde oogspieël. In 1943 in Natal oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Johnson, Majoor Frank
Volgende onderwerp: Johnston, Sir Harry Hamilton
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:23:33 MGT 2024