Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Johnson, Majoor Frank
Johnson, Majoor Frank [boodskap #122333] Wo, 19 Desember 2018 07:16
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Majoor Frank Johnson was 'n Zimbabwiese (Rhodesiese) soldaat en pionier. Gebore in 1866 in Norfolk, Engeland en kom op 16 jarige ouderdom in Suid-Afrika aan. Na 2 jaar in die Kaapse Koloniale Staatsdiens het hy aangesluit by die magte onder generaal sir Charles Warren wat Betsjoeanaland in 1884 beset het, en daarna by die Betsjoeanalandse Grenspolisie. In 1886 het hy 'n mynsindikaat in Kaapstad gevorm om in Matabeleland te prospekteer. Dit word later die Bechuanaland Exploration Company. Hy het Lobengula in 1890 leer ken, en in vennootskap met kaptein M. Heany en kaptein H.J. Borrow het hy 'n unieke kontrak met Cecil Rhodes aangegaan om die Pioneer Column wat Masjonaland beset het, te organiseer. Daarna het Johnson hom in Kaapstad gevestig waar hy belang gestel het in militêre aangeleenthede. Hy het in die Langeberg-veldtog van 1897 geveg en in 1898 na Zimbabwe (destyds nog Rhodesië) teruggekeer. Hy is in 1940 op die Kanaal-eilande tydens die Duitse besetting oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Dorie-snapper
Volgende onderwerp: Johnson, Dr. George Lindsay
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:18:01 MGT 2024