Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Joel, Solomon Barnato
Joel, Solomon Barnato [boodskap #122327] Di, 18 Desember 2018 19:53
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Solomon Barnato Joel was 'n mynmagnaat. Gebore in 1866 in Londen; die seun van Joel Joel, en 'n neef van B.I. Barnato. Hy kom na Suid-Afrika as jong man, vestig hom in Johannesburg en word gou 'n vooraanstaande figuur. Tydens die 'Reform'- beweging word hy gevange geneem en beboet. Met die dood van B.I. Barnato en sy broer, Wolf, word S.B. Joel hoof van die firma Barnato Broers en van die Johannesburg Consolidated Investment. Hy vestig hom in Engeland waar hy ook bekend was as 'n vooraanstaande renperdeienaar. In 1915 wen hy die Derby met sy perd 'Pommern'. Oorlede op 22 Mei 1931.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Joel, Jack Barnato
Volgende onderwerp: Joel, Wolf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:22:42 MGT 2024