Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Jeugbeweging
Jeugbeweging [boodskap #122324] Di, 18 Desember 2018 18:03
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Jeugbeweging is 'n organisasie wat jong mense opvoed en bemagtig.

Suid-Afrika beklee 'n unieke posisie as die plek waar die beroemdste van alle jeugbewegings, die 'Boy Scouts' sy oorsprong gehad het. Gedurende die Tweede Vryheidsoorlog het generaal Robert Baden-Powell seuns as boodskappers gebruik terwyl hy in bevel was van die garnisoen wat in Mafeking beleër was. Die het hom die idee gegee vir 'n organisasie wat in 1907 in Engeland in die lewe geroep is as die 'Boy Scouts'. Reeds in 1908 is daar met die beweging in Transvaal begin en in 1910 het die Unie se eerste Goewerneur-generaal, lord Gladstone, die beweging se eerste 'Chief Scout' geword. In 1923 het die verskillende provinsiale 'Boy Scout'-bewegings saamgesmelt. Daar is in 1910 met 'Girl Guides' in Suid-Afrika begin en teen 1920 was dit ten volle georganiseer. In 1911 is daar met die stigting van 'Scout'-groepe vir nie-blankes begin. 'Spoorsnyers' is in 1919 tot stand gebring, maar is in 1919 vervang deur die 'Padvinders'. Die Bantoe-'Boy Scout'-beweging is in 1950 gestig. In 1931 is die eerste Indiër-'Boy Scouts' in Natal gestig en in 1936 is daar met die 'Paladins' vir jong Kleurlinge in Transvaal begin.

Afrikaners het verkies om hulle eie organisasies in die lewe te roep. Die belangrikste hiervan is die Voortrekkers. Dr. C.F. Visser van Bloemfontein het reeds in 1918 die eerste pogings in hierdie rigting aangewend. In 1929 is 'n nuwe begin gemaak en die Voortrekkers het vinnig gegroei, grootliks as gevolg van die dryfkrag van dr. Nicholas Johannes van der Merwe, wat hulle hoofleier geword het. Vandag bestaan die beweging in die meeste dele van die Republiek en het dit afsonderlike afdelings vir seuns en dogters.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Jessievale
Volgende onderwerp: Jood
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:44:40 MGT 2024