Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Jarvis, Hercules Crosse
Jarvis, Hercules Crosse [boodskap #122320] Di, 18 Desember 2018 17:52
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Hercules Crosse Jarvis was 'n vroeë Suid-Afrikaanse handelsmagnaat en wetgewer. In 1803 in Brittanje gebore. Bereik die Kaap op 14 jarige ouderdom, saam met kolonel Brown, wat lid van lord Charles Somerset se personeel was. Hy keer na Engeland terug om sy opleiding te voltooi en kom weer na Suid-Afrika in 1822 om by 'n plaaslike maatskappy van wynuitvoerders en handelaars aan te sluit. Was een van die eerste voorstanders vir 'n kunsmatige hawe in Tafelbaai. Word in 1845 kommissaris van die Kaapstadse munisipaliteit en voorsitter van 1848 tot 1860, 'n posisie wat ooreenstem met dié van burgemeester. Dit is grotendeels aan hom te danke dat daar in 1860 aan die bou van die dokke in Tafelbaai begin is. Hy was stigter van die South African College in 1829 en het 'n groot aandeel in die stryd teen die invoer van bandiete in 1849. Oorlede in 1889.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Jardine, Majoor William
Volgende onderwerp: Jeffreysbaai
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:59:22 MGT 2024