Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Jan-van-gent (Sulidae)
Jan-van-gent [boodskap #122317] Di, 18 Desember 2018 14:25
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Jan-van-gent.
'n Jan-van-gent.
Jan-van-gent of Malgas (familie Sulidae) is halfseevoëls. Hierdie groot seevoëls het sterk, spits snawels en groot vlerke. Hulle is oor die algemeen wit en swart of bruin. By verskeie spesies is die kaal vel aan die kop, keel en pote helderkleurig, en hul tone is geweb. Hulle is baie minder gebonde aan die kus as seemeeue, seeswaels of seeduikers. Hulle voedsel bestaan uit vis wat na aan die oppervlakte swem. Die voëls duik pylreguit op die vis af. Hulle is onder andere bewoners van die Kaapse Ghwano-eilande. Sien Duiker en Voëls.

Die witmalgas kom op die eilande voor die Suid-Afrikaanse kus voor en die bruinmalgas op Ascencion-eiland in die Atlantiese Oseaan. Die witmalgas (Morus capensis) is hoofsaaklik wit met swart stert- en slagvere en liggeel vere op die kop en nek. Die bruinmalgas (Sula leucogaster) is hoofsaaklik bruin met 'n wit bors en pens. Sy snawel en pote is geel.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Jansenville
Volgende onderwerp: Jardine, Majoor William
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:51:11 MGT 2024