Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Jansen, Dr. Ernest George
Jansen, Dr. Ernest George [boodskap #122315] Di, 18 Desember 2018 14:22
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Dr. Ernest George Jansen was die Goewerneur-generaal van die Unie van Suid-Afrika. Gebore op 7 Augustus 1881 op Dundee, Natal en studeer in die regte aan die Universiteit van Kaapstad. Hy begin praktiseer as prokureur in Pietermaritzburg en later as advokaat. Tree toe tot die politiek kort voor Uniewording as sekretaris van 'Het Kongres', 'n Afrikaanse organisasie, en was stigterslid in 1909 van die Afrikaanse Akademie. Na Uniewording was hy sekretaris van die Natalse tak van die Suid-Afrikaanse Party tot 1915, toe hy een van die oorspronklike lede van die Nasionale Party geword het. Nadat hy lid van generaal Hertzog se Onafhanklikheidsafvaardiging geword het, word hy in 1921 as L.V. vir Vryheid gekies en in 1924 word hy Speaker, 'n amp wat hy met groot welslae beklee het. Van 1929 tot 1933 was hy Minister van Naturellesake tot met die stigting van die Verenigde Party, toe hy die tweede keer Speaker geword het.

Hy het in 1943 uit die Parlement getree maar weer in 1947 toegetree en in 1948 word hy weer Minister van Naturellesake onder dr. D.F. Malan. Hy het 'n leidende rol gespeel in die ontstaan van die Voortrekkerbeweging. Hy word Goewerneur-generaal van die Unie op 1 Januarie 1951. Oorlede op 25 November 1959.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Jannasch, Professor Friederich Wilhelm
Volgende onderwerp: Jansenville
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:56:02 MGT 2024