Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Jannasch, Professor Friederich Wilhelm
Jannasch, Professor Friederich Wilhelm [boodskap #122314] Di, 18 Desember 2018 14:18
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Professor Friederich Wilhelm Jannasch was 'n Suid-Afrikaanse musikus en komponis. In 1853 op Mamre, naby Malmesbury gebore. Sy ouers was sendelinge. Hy toon vroeg talent en word na Duitsland en daarvandaan na die Konserwatorium in Stockholm gestuur waar hy onder die groot Noorweegse komponis, Edvard Grieg, studeer. Ná sy terugkeer na die Kaap word hy aangestel as orrelis in die Nederduitse Gereformeerde Kerk op Stellenbosch en word 'n suksesvolle komponis. Sy grootste prestasie was op die gebied van musiekonderwys wat in 1905 die hoogtepunt bereik het in die stigting van die eerste konserwatorium vir musiek in Suid-Afrika op Stellenbosch. Oorlede op 19 April 1930.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Jan Kempdorp
Volgende onderwerp: Jansen, Dr. Ernest George
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:00:15 MGT 2024