Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Jagluiperd (Acinonyx jubatus)
Jagluiperd [boodskap #122305] Di, 18 Desember 2018 06:27
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Twee jagluiperds.
Twee jagluiperds.
Die jagluiperd (Acinonyx jubatus) is 'n soogdier en karnivoor in die katfamilie. Dit word ook soms 'n 'vlaktetier' (Engels: 'Cheetah') genoem. Dit verskil van die ware luiperd in dié sin dat hy een deel hondagtig en drie dele katagtig is, die kloue is stomp en sigbaar, soos die van 'n hond. Hy is slank en soepel en gebou vir spoed, met lang bene en smal bors. Sy kleur kom baie ooreen met dié van die luiperd. Vroeër oral in Afrika aangetref in grasvlaktes en in yl bosstreke, maar nou is hulle deur die veeboere uit die meeste dele verdryf behalwe die wyd uitgestrekte gebiede van die Kalahari en Zimbabwe (Rhodesië).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Jagger, John William
Volgende onderwerp: Jakaranda
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:56:53 MGT 2024