Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Jagger, John William
Jagger, John William [boodskap #122304] Di, 18 Desember 2018 06:22
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
John William Jagger was 'n koopman en kabinetslid. Gebore in 1859 in Yorkshire. Ontvang opleiding aan 'n gimnasium en kom in 1880 na die Kaap. Drie jaar later stig hy die firma wat nog sy naam dra en wat gou ontwikkel het in een van die grootste ondernemings in Suid-Afrika. 'n Ywerige student in die ekonomie. Word die mondstuk van die handel en in 1903 lid van die Kaapse parlement. Daar is hy 'n sterk voorstander vir vrye handel. Hy neem deel aan die Nasionale Konvensie. In 1921 word hy Minister van Spoorweë onder generaal Smuts, en is verantwoordelik vir die invoering van 'n ongewilde beleid van besnoeiing. Hy het mildelik tot die onderwys bygedra. Oorlede in 1930.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Jagersfonteinweg
Volgende onderwerp: Jagluiperd
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:52:16 MGT 2024