Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Jagersfontein
Jagersfontein [boodskap #122302] Di, 18 Desember 2018 06:18
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Jagersfontein is 'n diamantdorp in die Oranje-Vrystaat. Oorspronklik die naam van 'n plaas wat aan Evert Jager, 'n Griekwa, behoort het. Hy het dit in 1856 aan C.J. Visser verkoop. Die ontdekking van diamante in 1870 het gelei tot die stigting van 'n dorp wat gou met Kimberley meegeding het in die hoë gehalte van sy diamante. Die Jagersfonteinmyn het, hoewel dit herhaaldelik gesluit is, nog groot reserwes en is na die Tweede Wêreldoorlog heropen. In 1893 is die Excelsior, die tweede grootste diamant, hier gevind. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 4,463 (1,400 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Jacobsdal
Volgende onderwerp: Jagersfonteinweg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:07:45 MGT 2024