Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Jacobs, Simeon
Jacobs, Simeon [boodskap #122300] Di, 18 Desember 2018 06:16
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Simeon Jacobs was 'n prokureur-generaal en regter. Gebore in Engeland in 1830. In 1852 word hy tot die Inner Temple toegelaat en kom in 1860 onder die beskerming van sir George Grey na die Kaap. Van 1860 tot 1866 was hy Prokureur-generaal van Brits-Kaffrariƫ en in laasgenoemde jaar Sollisiteur-generaal van Oos-Kaapland. Hy word toe parlementslid vir Queenstown en in 1874 Prokureur-generaal vir die Kaapkolonie. In 1877 het hy as gevolg van swak gesondheid afgetree. In 1880 word hy bevorder tot die Regbank van die Oostelike Distrikte maar as gevolg van gesondheidsredes is hy kort daarna oorsee en is op 15 Junie 1883 in Engeland oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Jabavu, John Tengo
Volgende onderwerp: Jacobsdal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:52:09 MGT 2024