Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Jabavu, John Tengo
Jabavu, John Tengo [boodskap #122299] Di, 18 Desember 2018 06:15
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
John Tengo Jabavu was 'n swart joernalis. In 1859 in Healdtown uit 'n arm gesin gebore. Kwalifiseer as 'n onderwyser en kry sy eerste pos in Somerset-Oos. In 1881, op 22 jarige ouderdom, word hy redakteur van Isigidimi Sama Xosa, 'n koerant wat in Lovedale uitgegee is. Hy verhuis na King William's Town en begin sy eie koerant, Imvo Zabantsundu in 1886, die eerste koerant wat deur 'n Bantoe alleen besit en behartig is. Dit het gou groot invloed uitgeoefen en bestaan vandag nog. Hy was bevriend met baie vooraanstaande blankes, onder andere sir James Rose-Innes, Hoofregter van die Unie. 'n Vurige ondersteuner van die Wesleyaanse kerk, en was grotendeels verantwoordelik vir die stigting van die Suid-Afrikaanse Bantoekollege op Fort Hare in 1916. Hy het beskik oor 'n kragtige en oortuigende skryfstyl en was gematig in sy beskouings. In 1921 op Fort Hare oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Insek
Volgende onderwerp: Jacobs, Simeon
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:00:07 MGT 2024