Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Isaacs, Nathaniel
Isaacs, Nathaniel [boodskap #122296] Di, 18 Desember 2018 04:47
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Nathaniel Isaacs was 'n vroeë pionier in Natal. In 1808 in Canterbury gebore uit 'n ou Joodse familie in Engeland. Na die dood van sy vader gaan bly hy by sy oom, vader van die beroemde Saul Solomon wat toe nog op St. Helena gewoon het. Word in 1825 'n seeman op die brik Mary en begin met 'n reeks avonture totdat hy as skipbreukeling in Natal aangekom het. Word vriend van Zoeloekoning, Tsjaka, verkry konsessies wat Natal baie jare vroeër 'n Britse kolonie kon gemaak het as die Britse owerheid net belang gestel het. Stel sy ondervindings te boek in Travels and Adventures in Eastern Africa wat in 1836 in Londen verskyn en die tydperk 1825 tot 1832 dek. Later vestig hy hom naby Sierra Leone in Wes-Afrika en het in sy laaste jare 'n landgoed digby Liverpool bewoon waar hy in 1872 oorlede is.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Iris
Volgende onderwerp: Isandhlwana
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:42:41 MGT 2024