Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Iris (Iridaceae)
Iris [boodskap #122295] Di, 18 Desember 2018 04:44
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Iris (Iridaceae) is 'n groot plantefamilie in Suid-Afrika wat insluit die suurknol, bobbejaantjie, gladiolus, ixia, tulp (Homeria) en freesia (sien onder afsonderlike hoofde). Hoofsaaklik kruidagtige plante wat die voedsel in knolle berg; blare swaardvormig en omhul; blomme pragtig in vorm en kleur; blomdek dikwels buisvormig of ongereeld maar simmetries aan 'n sentrale lyn; drie meeldrade, vrugbeginsel onderstandig, vrug 'n kapsule in drie afdelings. Volop in die Kaapse kusstreke waar die Hottentotte baie wortels van die familie geëet het. Die ware iris het ses byna afsonderlike kroonblare waarvan drie gewoonlik gidsmerke het; die stempel is in drie verdeel en blomblaaragtig, bv. die groot geel Moraea ramosissima wat in klam plekke tot 'n hoogte van 2,500 voet voorkom in gebied van Wes-Kaap tot by Humansdorp en aan die Natalse kus. In digbegroeide plekke langs rivierwalle in Natal word ook die wit iris (M. iridoides) en die geel iris (M. spathaceae) aangetref waarvan die blomme voor die blare verskyn, dikwels na 'n veldbrand. Die uiltjie (M. villosa) met sy baie kleure groei in die distrikte Stellenbosch en Ceres.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Iridium
Volgende onderwerp: Isaacs, Nathaniel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:05:14 MGT 2024