Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Irene
Irene [boodskap #122293] Di, 18 Desember 2018 04:38
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Irene is 'n woonbuurt van Centurion (en was op 'n tyd 'n dorp naby Pretoria). Dit is deur Alois Hugo Nellmapius gestig en na sy dogter, Irene, vernoem. Die plek was oorspronklik 'n landgoed waar Nellmapius van 1890 af talle proefnemings gedoen het met buitelandse plante en gewasse. In 1901 het die Britte die Irene-konsentrasiekamp hier opgerig. Die kamp het Boervroue en -kinders gehuisves wie se huise tydens die Tweede Vryheidsoorlog verwoes is. Die Irene Primary School is in die kamp gestig. Later is dit deur die Republikeinse regering aangekoop as 'n modelplaas. Die dorp het na die Tweede Vryheidsoorlog ontwikkel en het bekendheid verwerf as die tuiste van generaal J.C. Smuts wat daar naby op sy plaas, Doornkloof, gewoon het.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: I'Ons, Frederick Timpson
Volgende onderwerp: Iridium
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:41:36 MGT 2024