Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » I'Ons, Frederick Timpson
I'Ons, Frederick Timpson [boodskap #122292] Di, 18 Desember 2018 04:36
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Frederick Timpson I'Ons was 'n Suid-Afrikaanse skilder. In 1802 in Islington, Londen, gebore. Toon vroeg reeds die gawe as tekenaar en word n onderwyser. In 1834 kom hy na die Kaap en vestig hom in Grahamstad waar hy die lewenswyse van die vroeë setlaars en die naturelle met wie hy in aanraking kom op die doek vaslê. Hoewel sy humeurige geaardheid hom dikwels in die moeilikheid laat beland het en sy werk nie van besondere artistieke gehalte was nie, het hy baie bewonderaars gehad van sy kragtige styl. Hy het 'n bestaan gemaak as kunsonderwyser en decórskilder. Na die ontdekking van diamante gaan hy na Kimberley, maar slaag nie daarin om 'n fortuin te maak nie. Oorlede op 18 Desember 1887. Vandag is sy skilderye goed in aanvraag.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Inyazura
Volgende onderwerp: Irene
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:16:38 MGT 2024