Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Innes, Dr. Robert Thorburn Aytoun
Innes, Dr. Robert Thorburn Aytoun [boodskap #122276] Ma, 17 Desember 2018 15:46
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Dr. Robert Thorburn Aytoun Innes was 'n Suid-Afrikaanse sterrekundige. In 1861 in Edinburgh gebore en gaan skool op Inverness. Hy neem van jongs af sterrekunde as vak en verwerf internasionale onderskeiding ten spyte van baie terugslae. Hy was oorspronklik in die drankhandel en vestig hom in Australië, waar hy later 'n florerende sakeonderneming prysgee ten einde hom op die wetenskap toe te spits. Hy kom in 1896 in Suid-Afrika aan as 'n assistent van sir David Gill by die Koninklike Sterrewag in Kaapstad. Met die stigting van die Transvaalse Sterrewag in 1903 in Johannesburg is hy aangestel as direkteur. In dié hoedanigheid was hy verantwoordelik vir die installering van die beroemde 26" teleskoop daar. Hy ontdek die naaste ster aan die aarde, bekend as Proxima Centauri, en het belangrike navorsing uitgevoer oor die struktuur van die heelal en matematiese sterrekunde. Oorlede in 1933-

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Inkruipplaas
Volgende onderwerp: Innesdale
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:57:37 MGT 2024