Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Inboeking
Inboeking [boodskap #122264] Ma, 17 Desember 2018 15:16
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Inboeking (ook: inboekeling) was 'n vroeëre gewoonte in Transvaal waarvolgens kinders van plaaslike stamme aan burgers toegesê is. Dit het groot kritiek uitgelok as sou dit 'n vorm van slawerny wees. Hierdie kinders het as inboekelinge bekend gestaan en daar is na hulle as "Swart ivoor" verwys. Die gebruik is later afgeskaf.

Luidens bepalings kon Transvaalse burgers "eenig kind, weeskind of weeskinderen" wat "ten geschenke of op andere wettige of vrywillige wyze" van swartes verkry is, by die landdros of ’n veldkornet van hul distrik laat inboek. Hulle kon tot ’n ouderdom van 25 in diens van die burgers bly, waarna hulle as mondig beskou en van "alle gedwongen verplichting tot eenigen dienstbaarheid" vrygestel is. Die burgers moes op hulle beurt onderneem om die inboekelinge goed te behandel en op te voed, en daar is ook voorsiening gemaak vir die oplegging van straf indien kinders op ’n onwettige wyse verkry of mishandel is.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Imperial Military Railways
Volgende onderwerp: Incomati
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:03:22 MGT 2024