Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Ibis (Plegadidae)
Ibis [boodskap #122243] Ma, 17 Desember 2018 08:38
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die ibis (Plegadidae) is 'n voël verwant aan die ooievaar, maar kleiner met korter bene en lang gekromde snawel. Net twee spesies is algemeen in Suid-Afrika. Die skoorsteenveër (wat in mummievorm in ou Egiptiese grafkelders gevind is), het 'n kaal kop en 'n blinkswart kaal nek in teenstelling met sy wit liggaam en swart stertvere. Dié aasdier van modderige of sanderige strande is vandag volop al langs die kus van Afrika, maar skaars in Egipte. Die groen ibis of hadada is 'n veldvoël wat in klein groepies en met krasse geskree insekte jag. Neste word gewoonlik oor 'n stroom in bome gebou. Dofgrys met brons en pienk skynsel.

Help ons asseblief om nuwe artikels te pos, die inhoud van bestaande artikels te verifieer en ook verder uit te brei.
Vorige onderwerp: Hutton, Frederick Augustus
Volgende onderwerp: Ibo
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:01:48 MGT 2024