Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Hutton, Frederick Augustus
Hutton, Frederick Augustus [boodskap #122242] Ma, 17 Desember 2018 08:18
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Frederick Augustus Hutton was 'n regter van die regbank van die Oostelike Distrikte. Op 15 Junie 1862 op Bedford, Kaapland, gebore waar hy sy skoolopleiding ontvang. In 1883 gaan hy na die Victoria-Kollege op Stellenbosch waar hy vir die graad B.A. studeer. Nadat hy sy LL.B in 1892 behaal het, word hy advokaat en praktiseer op Grahamstad totdat hy in 1913 regter word. In 1922 is hy na Kimberley verplaas. Hy tree af in 1932 en is op 15 Februarie 1940 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Hutchinson
Volgende onderwerp: Ibis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:56:45 MGT 2024