Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Hume, David
Hume, David [boodskap #122237] Ma, 17 Desember 2018 08:10
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
David Hume was 'n vroeë Kaapse reisiger. In 1796 in Skotland gebore en kom in 1817 in die Kaap aan. As 'n handelaar trek hy in 1825 na Betsjoeanaland (nou Botswana) en vestig hom op die huidige Kuruman. Op grond van berigte van goud steek hy die Limpoporivier oor na wat nou as Zimbabwe (Rhodesië) bekend is. Hy het nog af en toe die Kaap besoek en in 1834 met 'n vrag ivoor op Grahamstad aangekom. Oorlede in 1863. Sy seun, William Hume, word 'n vooraanstaande inwoner van Port Elizabeth en die voorstad Humewood is na hom vernoem.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Humansdorp
Volgende onderwerp: Humpata
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:54:12 MGT 2024