Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Hulett, Sir James Liege
Hulett, Sir James Liege [boodskap #122234] Ma, 17 Desember 2018 08:06
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir James Liege Hulett was 'n Natalse nyweraar, pionier en staatsman. Op 17 Mei 1838 in Engeland gebore en emigreer in 1857 na Natal waar hy naby Nonoti begin boer. Doen proefnemings met araroet, katoen, koffie, mielies. Hy spits hom uiteindelik toe op die produksie van suiker, waarmee hy gou die leiding neem. Op Kearsney was hy ook 'n pionier op die gebied van teeverbouing. Word in 1883 lid van die Wetgewende Raad en later Speaker en onder verantwoordelike bestuur, Minister van Naturellesake. Hy stig in 1892 die firma J.L. Hulett & Seuns Bpk. vir die produksie van tee, maar sluit gou ook die kweek en vervaardiging van suiker in. Sedert die eerste meule in 1903 op Tinley Manor geopen is, het die bedryf geweldig uitgebrei. Een van Hulett se grootste prestasies is die opening van Zoeloeland vir suikerproduksie, waarmee hy begin het ingevolge 'n ooreenkoms met die Natalse regering in 1905. Die eerste groot raffinadery in Suid-Afrika is in 1911 op Rossburgh naby Durban opgerig en uiteindelik deur 'n afsonderlike onderneming oorgeneem. Met Uniewording word sir Liege 'n Senator. Oorlede in 1928.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Hukweveld
Volgende onderwerp: Hull, Henry Charles
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:37:13 MGT 2024