Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Hugenote-Kollege
Hugenote-Kollege [boodskap #122228] Ma, 17 Desember 2018 07:55
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Hugenote-Kollege is in 1873 op Wellington, Kaapland, gestig as die Hugenote-Seminarie, 'n inrigting vir die hoër onderwys van meisies. Gestig deur mej. Anna Bliss en mej. Abby Ferguson, wat van die Mt. Holyoke College, V.S.A., na die Kaap gekom het. Die skool, wat groot aanmoediging van ds. Andrew Murray en die N.G. Kerk gekry het, is besoek deur die dogters van die vooraanstaande families. Dit word die enigste vrouekollege in Suid-Afrika en nog later deel van die Universiteit van Suid-Afrika. In die laaste tyd is dit deur die N.G. Kerk omgeskep in 'n opleidingskollege vir maatskaplike werksters.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Hugenote-Gedenkteken
Volgende onderwerp: Huggard, Sir Walter Clarence
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:21:05 MGT 2024