Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Hugenote
Hugenote [boodskap #122226] Ma, 17 Desember 2018 07:52
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Hugenote was Protestante in Frankryk, waarvan baie gedurende die 16de en 17de eeue uit Frankryk gevlug het. Hoewel 'n aantal Franse Protestantse vlugtelinge wat hulle land weens vervolging moes verlaat, reeds so vroeg as 1607 in diens getree het by die Nederlands Oos-Indiese Kompanjie en later na die Kaap gekom het, het die werklike immigrasie eers plaasgevind na Louis XIV se herroeping van die Edik van Nantes, wat 'n eeu lank godsdienstige vryheid aan die gemeenskap gewaarborg het. Meer as 500,000 het gevlug. Net 'n klein persentasie hiervan - 176 - het na Suid-Afrika gekom, maar hulle bydrae tot die land se ontwikkeling was aansienlik. Die eerste vlugtelinge het op 31 Desember 1687 vertrek, en die laaste die volgende April. Die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie het hulp aan hulle goedgekeur, en Simon van der Stel, wat geesdriftig was om die blanke bevolking van die Kaap op te bou, het hulle met ope arms verwelkom. Omdat hulle bekend was met wynbou en intensiewe landbou, het hulle grond gekry in die gebied wat nou bekend staan as Franschhoek.

Hulle het ook hulle eie predikant, ds. Pierre Simond, daar gehad. Die Franse taal waarvan die gebruik deur die owerheid ontmoedig is, het binne 'n geslag of twee uitgesterf. Teen daardie tyd het die Hugenote ondertrou met die Hollandse en Duitse families. Baie van die bekendste vanne in Suid-Afrika, onder meer Malan, Du Preez, De Villiers, Du Plessis, Theron, Joubert, Retief, Marais, Naudé, Roux, Lombard, ens. het op dié wyse na die Kaap gekom.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Hugenoot
Volgende onderwerp: Hugenote-Gedenkteken
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:44:48 MGT 2024