Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Huddleston, Vader Trevor (Biskop van Masasi)
Huddleston, Vader Trevor [boodskap #122224] Ma, 17 Desember 2018 07:42
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Vader Trevor Huddleston (Biskop van Masasi) was 'n Anglikaanse priester en skrywer. Op 15 Junie 1913 gebore. Studeer aan Lancing, Oxford en Wells en word priester in 1937. Hy sluit in 1941 aan by die Community of the Resurrection en kom in dié hoedanigheid na Suid-Afrika. Hy werk hoofsaaklik in die krotbuurt Sophiatown, naby Johannesburg, en in die Anglikaanse sending in Orlando. Hy word 'n uitgesproke beswaarmaker teen baie stappe wat die owerheid doen, veral die verwydering van die swart inwoners van Sophiatown na 'n nuwe woongebied. Dit gee aanleiding tot die skrywe van sy blitsverkoper Naught for your Comfort. In 1949 word hy Provinsiaal van die Community in Suid-Afrika en bly hier tot 1955. Keer terug na die Community se hoofkantoor in Mirfield en word in 1958 kloosterhoof en in 1960 Biskop van Masasi in Tanganjika (nou Tanzanië).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Huberta
Volgende onderwerp: Hugenoot
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:20:39 MGT 2024