Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Huberta
Huberta [boodskap #122223] Ma, 17 Desember 2018 07:37
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Huberta was 'n gevierde seekoei wat teen die einde van 1928 onverwags haar verskyning in Zoeloeland gemaak het en daarna die Tugela na Natal oorgesteek het. Twee en 'n half jaar lank dwaal sy in die gebied rond, verskyn ook in die hartjie van Durban en was verantwoordelik vir baie eskapades wat volledig in die pers gerapporteer is. Aanvanklik is gemeen dat die dier 'n bul is, en dit het die naam Hubert gekry. Nadat dit met ompaaie sowat 1,000 myl in 'n suidelike rigting afgelê het, is dit in April 1931 per ongeluk deur 'n boer naby King William's Town geskiet. Daar is toe vasgestel dat sy 'n koei is en is toe herdoop na Huberta. Haar avonture het wye publisiteit in sowel Suid-Afrika as die buitelandse pers geniet.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Hoy, Sir William Wilson
Volgende onderwerp: Huddleston, Vader Trevor
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:21:45 MGT 2024