Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Hoy, Sir William Wilson
Hoy, Sir William Wilson [boodskap #122222] Ma, 17 Desember 2018 07:36
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir William Wilson Hoy was die eerste hoofbestuurder van die Suid-Afrikaanse Spoorweë. In 1868 in Kinrosshire, Skotland, gebore en tree op 12 jarige ouderdom in 1880 in diens by die North British Railway Company. Nege jaar later emigreer hy na Suid-Afrika en sluit aan by die Kaapse Staatspoorweg. In 1895 word hy bevorder tot Hoofbestuurder: Verkeer, en die volgende jaar verteenwoordiger van die Kaapse spoorweg in Johannesburg. Met die verlenging van die spoorlyn na Bulawayo was hy 'n tyd lank in daardie dorp en later werk hy in Kimberley, Port Elizabeth en Bloemfontein. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog werk hy vir die Imperial Military Railways en na die instelling van burgerlike administrasie in 1902 word hy Hoofbestuurder van die Sentrale Suid-Afrikaanse Spoorweë. In 1910 word hy die eerste Hoofbestuurder van die verenigde stelsel wat die hele land gedek het. Tydens die Eerste Wêreldoorlog word hy direkteur van die Militêre Spoorweg in die Suidwes-Afrika-veldtog met die rang van kolonel. Hy tree af en vestig hom op Hermanus waar hy grootliks vir die ontwikkeling van die dorp verantwoordelik was. In 1930 daar oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Howick van Glendale, Lord
Volgende onderwerp: Huberta
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:12:47 MGT 2024