Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Howick van Glendale, Lord
Howick van Glendale, Lord [boodskap #122213] So, 16 Desember 2018 20:30
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Lord Howick van Glendale (voorheen Sir Evelyn Baring) was 'n Britse administrateur. Op 29 September 1903 in Engeland gebore en ontvang opleiding aan Winchester en Oxford. Sluit in 1926 aan by die Britse staatsdiens en van 1929 tot 1932 was hy sekretaris van die Agent-generaal vir Indië in Suid-Afrika. Nadat hy weens swak gesondheid in 1934 uit die Indiese staatsdiens getree het, word hy Goewerneur van Suid-Rhodesië (nou Zimbabwe) van 1942 tot 1944. Van 1944 tot 1951 was hy Britse Hoë Kommissaris in Suid-Afrika en in beheer van die Hoë Kommissarisgebiede. In 1961-62 was hy voorsitter van die Colonial Development Corporation.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Howick
Volgende onderwerp: Hoy, Sir William Wilson
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:15:12 MGT 2024