Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Houtbaai
Houtbaai [boodskap #122208] So, 16 Desember 2018 20:19
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Houtbaai is 'n baai aan die Atlantiese kant van die Kaapse Skiereiland; in die vroegste dae van die Hollandse besetting bekend vir sy weelde aan natuurlike houtbosse wat op die aangrensende heuwels gegroei het, en ook verantwoordelik is vir die baai se naam. Die plek is deur die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie verskans weens sy strategiese belangrikheid. In die jongste tyd het dit belangrik geword as vissershawe, terwyl mangaan ook 'n tyd lank daar naby ontgin is. Houtbaai is 'n gewilde oord vir vakansiegangers en kunstenaars en is beroemd vir sy pragtige tonele. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 3,787 (1,106 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Household, John Goodman
Volgende onderwerp: Houtkapper
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:59:26 MGT 2024