Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Household, John Goodman
Household, John Goodman [boodskap #122207] So, 16 Desember 2018 20:18
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
John Goodman Household was 'n Suid-Afrikaanse lugvaartpionier. Op 9 Desember 1845 in Engeland gebore. Kom in 1864 na Natal waar hy hom op Karkloof vestig en afgesien van sy boerdery ook proefnemings met sweeftuie uitgevoer het. Dit loop in 1871 uit op die bou van 'n sweeftuig waarmee hy van die bopunt van die kloof opstyg en sowat 'n driekwart myl vlieg. Dit is merkwaardig as mens daaraan dink dat Lilienthal dit eers baie jare later in Duitsland reggekry het. Dele van Household se vliegtuig wat van bamboes en sy gemaak is, is nog lank daarna bewaar maar omdat hy nie genoeg aanmoediging gekry het nie, het hy sy proefnemings laat vaar. Op 13 Maart 1906 in Pietermaritzburg oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Houhoek
Volgende onderwerp: Houtbaai
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:02:10 MGT 2024