Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Khoikhoi (Hottentot)
Khoikhoi [boodskap #122202] So, 16 Desember 2018 20:05
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Khoikhoi of Khoi (vroeër Hottentotte genoem) is een van die inboorlingrasse van die Kaap wat nou verwant is aan die Boesmans. Met die aankoms van Europese setlaars in 1652 het die Khoikhoi reeds vir ongeveer 30,000 jaar in Suider-Afrika gewoon. Die oorsprong van die naam "Hottentot" is vermoedelik 'n afleiding van die klapklanke van hulle taal, terwyl hulle hulself "Khoikhoi" noem (dit beteken "manne van manne"). Dit is 'n geel ras van Mongoolse voorkoms met hoë wangbene. Hulle was lief vir beeste en het 'n nomadiese bestaan gevoer. Suiwer Khoikhoi het uiters skaars geword nadat hulle afgemaai is deur uitbrekings van pokke in die 18de eeu en later deur vermenging met ander rasse.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Hotagterklip
Volgende onderwerp: Hottentot
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:07:25 MGT 2024