Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Hospitaal
Hospitaal [boodskap #122200] So, 16 Desember 2018 19:52
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Hospitaalsaal (Johannesburg Hospitaal, 1905).
'n Hospitaalsaal (Johannesburg Hospitaal, 1905).
'n Hospitaal is 'n instelling waar siekes ondersoek, behandeling en verpleeg word. Hospitale word in Suid-Afrika beheer deur die Departement van Gesondheid, maar hulle administrasie word onderneem deur die verskillende Provinsiale Rade.

Die eerste hospitaal in die land is in 1652 deur Jan van Riebeeck gestig om matrose en reisigers op skepe onderweg na Indië vir skeurbuik te behandel. Die oudste bestaande inrigting is die New Somerset-hospitaal in Kaapstad wat in 1859 gestig is, terwyl die grootste enkele inrigting die Chris Hani Baragwanath-hospitaal by Johannesburg is (het destyds al meer 2,700 beddens gehad). Ander groot hospitale is die Algemene Hospitaal in Johannesburg (destyds 1,200 beddens) en die Groote Schuur (destyds 1,000 beddens) wat vir opleiding deur die universiteite van die Witwatersrand en Kaapstad gebruik word. Ander bekende hospitale is die Addington-hospitaal in Durban, in 1878 gestig, die Grey's-hospitaal (destyds meer as 800 beddens) in Pietermaritzburg, die Provinsiale Hospitaal in Port Elizabeth, die Grey-hospitaal in King William's Town, die Kimberley-hospitaal, die Pretoriase Hospitaal en later die Karl Bremer-hospitaal, wat opgerig is om die noordelike voorstede van Kaapstad te bedien en ook as opleidingshospitaal vir die mediese fakulteit van die Universiteit van Stellenbosch te dien.

'n Reeks spesiale hospitale is ook opgerig vir die behandeling van tuberkulose, en een van die bekendste is die Nelspoort Sanatorium in die Karoo. Die grootste inrigting vir melaatses is buite Pretoria en pasiënte wat vroeër op Robbeneiland en ander plekke was, is daarheen oorgeplaas. Daar is geesteshospitale op Valkenberg in die Kaapstadse voorstad Observatory, op Fort England, Grahamstad, Port Alfred, Fort Beaufort, Queenstown, Pietermaritzburg, Krugersdorp, Pretoria, Bloemfontein, Maitland en Potchefstroom.

In Zimbabwe (Rhodesië) val hospitale onder die Departement Gesondheid. Die bekendste inrigtings is in Harare (Salisbury) en Bulawayo, wat albei oorspronklik deur nonne bedien is.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Horingbekvoël
Volgende onderwerp: Hotagterklip
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:55:39 MGT 2024