Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Horingbekvoël (familie Bucerotidae)
Horingbekvoël [boodskap #122199] So, 16 Desember 2018 19:43
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Gekroonde neushoringvoël.
'n Gekroonde neushoringvoël.
Die horingbekvoël (familie Bucerotidae) is 'n groot, lomp voël, soms verkeerdelik "toekan" genoem na 'n tropiese Suid-Amerikaanse voël van 'n ander familie. Dit het 'n reuse-snawel met net so 'n groot neushoring. Leef hoofsaaklik van goggas, akkedisse, larwes en vrugte. Verskeie soorte wat van Knysna tot Zoeloeland aangetref word. Die gekroonde neushoringvoël van Oos-Kaapland kom dikwels in die winter uit die bosse te voorskyn om kos in tuine te soek. Die bromvoël leef net soos die sekretarisvoël van muise en slange en kan makgemaak word. Hulle is sosiale voëls, die wyfies lê in 'n gemeenskaplike nes waar die eiers deur een mannetjie uitgebroei word. Die eienaardige gewoonte om die wyfie toe te messel onderwyl sy broei, is redelik algemeen onder al die ander soorte. Sien Voëls.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Hopley, William Musgrave
Volgende onderwerp: Hospitaal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:36:58 MGT 2024