Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Hopley, William Musgrave
Hopley, William Musgrave [boodskap #122198] So, 16 Desember 2018 19:41
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
William Musgrave Hopley was 'n regter in Suid-Rhodesië (nou Zimbabwe). Op 13 Junie 1853 op Cradock gebore; ontvang onderwys aan St. Andrew's, Grahamstad, en Diocesan College, Kaapstad. Gaan na Cambridge en behaal eerste klas in die regte en word in 1878 tot die Middle Temple toegelaat. Praktiseer in Kaapstad, Grahamstad en Kimberley. In 1885 word hy kroonvervolger en in 1890 word hy senior advokaat. In 1892 word hy aangestel as regter van die Hooggeregshof van Griekwaland en in 1914 regter in Suid-Rhodesië. Op 10 Maart 1919 in Johannesburg oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Hopetown
Volgende onderwerp: Horingbekvoël
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:44:30 MGT 2024