Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Hop, Hendrik
Hop, Hendrik [boodskap #122194] So, 16 Desember 2018 17:37
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Hendrik Hop was 'n vroeë jagter en reisiger aan die Kaap. In 1761 is die eerste keer van hom in die Paarl gehoor as lid van die Burgermilisie. In 1761 gaan hy as leier van 'n groep van 61 jagters op die spoor van Jacobus Coetzee op soek na die Oranjerivier waaroor laasgenoemde die eerste betroubare nuus gebring het. Hop slaag in sy doel en gaan die gebied binne wat nou bekend is as Namibië (Suidwes-Afrika) waarvandaan hy in April 1762 terugkeer met bruikbare inligting oor handelsmoontlikhede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Hoopstad
Volgende onderwerp: Hopana
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:02:40 MGT 2024