Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Hoogenhout, Casparus Petrus
Hoogenhout, Casparus Petrus [boodskap #122192] So, 16 Desember 2018 17:34
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Casparus Petrus Hoogenhout was 'n vroeë Afrikaanse skrywer. In 1843 in Amsterdam gebore en kom na Suid-Afrika in die jare 1860 as klerk in die Nederlandse konsulaat in Kaapstad. Daar ontmoet hy Amoldus Pannevis en onder sy aanmoediging word hy in 1870 onderwyser. Hy was 'n lojale ondersteuner van die Afrikaanse Taalbeweging en het reeds in 1873 in dié taal begin skryf en waarskynlik een van die eerste vertalings van die Bybel in Afrikaans gedoen. Hy het ook dikwels bydraes vir Die Patriot geskryf onder die naam "Oom Jan wat Versies Maak". Hy tree in 1908 af as onderwyser en is in 1922 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Honeyball, George
Volgende onderwerp: Hoopstad
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:24:58 MGT 2024