Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Hobhouse, Emily
Hobhouse, Emily [boodskap #122175] So, 16 Desember 2018 15:08
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Emily Hobhouse was 'n Engelse maatskaplike werkster en hervormer. In 1860 in Cornwallis gebore; die dogter van eerw. Reginald Hobhouse en lid van 'n invloedryke politieke familie. Na haar beskermde jeugjare het sy as matigheidswerker in 'n mynkamp in Minnesota, V.S.A., gewerk en later in Meksiko probeer boer. Met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog begin sy belang stel in die Noodlenigingsfonds vir Suid-Afrikaanse Vroue en Kinders. Toe sy hoor van die wanpraktyke in die kampe, het sy self na Suid-Afrika gekom om toestande persoonlik te ondersoek. Sy het gou uitgevind dat alles nie pluis is nie en na ernstige teenkanting, selfs te midde van dreigemente van deportasie en gevangeneming, is sy toegelaat om die feite aan die lig te bring. Die misbruike, hoofsaaklik te wyte aan administratiewe onkunde en 'n gebrek aan ondervinding, het 'n opskudding in Engeland veroorsaak.

Met die aanstelling van 'n Vrouekomitee in Engeland wat in invloedryke kringe gesteun is, het die geweldige dodesyfer onder vroue en kinders in die kampe aansienlik gedaal. Na die oorlog het mej. Hobhouse, wat toe 'n volksfiguur was, met tuisnywerhede vir Boeredogters op Philippolis begin. Sy het tydens die Eerste Wêreldoorlog haar besondere noodlenigingswerk in Europa voortgesit. Toe sy in 1926 oorlede is, het sy 'n staatsbegrafnis ontvang en is sy aan die voet van die Vrouemonument in Bloemfontein begrawe - die grootste eer wat die Afrikanervolk aan haar kon bewys.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Hobhouse
Volgende onderwerp: Hodges, Sir William
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:21:57 MGT 2024