Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Hindon, Kaptein Oliver John (Jack)
Hindon, Kaptein Oliver John (Jack) [boodskap #122166] So, 16 Desember 2018 14:39
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Kaptein Oliver John (Jack) Hindon was 'n Boereverkenner. Op 20 April 1874 in Engeland gebore. Sluit by die Britse leër aan as trommelaar en kom op 14 jarige ouderdom na Suid-Afrika toe die regiment waaraan hy verbonde was, na Zoeloeland verplaas is. As gevolg van mishandeling deur sy sersant-majoor dros hy en 'n paar ander seuns na Transvaal. Hy werk 'n tyd lank in die myne op die Rand en word later 'n suksesvolle bouer en kontrakteur op Middelburg. As beloning vir die steun wat hy aan die owerheid verleen het tydens die Jameson-inval is hy as burger genaturaliseer en sluit hy aan by die Republikeinse Berede Polisie. Met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog sluit hy aan by die Boeremagte en word hy 'n legendariese figuur as gevolg van sy dapperheid en waaghalsigheid, veral saam met kaptein Daniel Theron. Een van sy bekendste heldedade was toe hy met De Roos en Henri Slegtkamp generaal Buller se mag 'n paar uur lank by Spioenkop teruggehou het. Later het hy in bevel van sy eie korps groot skade aangerig deur Britse spoorweglyne op te blaas. Op 19 Maart 1919 in Pretoria oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Himeville
Volgende onderwerp: Hintsa
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:46:34 MGT 2024