Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Hime, Luitenant-Kolonel, Sir Albert Henry
Hime, Luitenant-Kolonel, Sir Albert Henry [boodskap #122164] So, 16 Desember 2018 14:36
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Luitenant-Kolonel, Sir Albert Henry Hime was die Eerste Minister van Natal. Op 29 Augustus 1842 op Kilcool, Ierland, gebore. Sluit in 1861 aan by die Royal Engineers en word in 1875 bevorder tot Koloniale Ingenieur van Natal. Word lid van sowel die Uitvoerende as Wetgewende Raad van dié kolonie, veg in die Zoeloe-oorlog en maak 'n opmeting van die grens met die O.V.S. Hy sit sy werk voort tot 1893 toe Natal verantwoordelike bestuur gekry het. In 1897 word hy Minister van Lande, Werke en Verdediging tot 1899 toe hy aangestel is as Eerste Minister. Hy bedank in 1903. In 1919 in Pietermaritzburg oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Hiltonweg
Volgende onderwerp: Himeville
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:54:23 MGT 2024