Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Hibiskus (Malvaceae)
Hibiskus (Malvaceae) [boodskap #122157] So, 16 Desember 2018 14:28
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Hibiskus (Malvaceae) is een van 'n groep struike wat oor 'n groot gebied van Suidelike Afrika voorkom en floreer in sonskyn en vogtigheid. Vyf kelkblare is verenig aan die basis en vyf kroonblare en talle meeldrade vorm 'n buis om die stamper. Die blomme is okselstandig. Geel en pienk is oorheersend. Dekkan hennep (Hibiscus cannabinus), wat dwarsdeur Zimbabwe (Rhodesië) voorkom, het mooi geel blomme met 'n donker binneste. Die pragtige karmosyn H. praeteritus groei by die Victoria-waterval. Daar is baie variëteite in Natal insluitende die oranje hibiskusklimop (H. surattensis), 'n kusklimop met gehaakte stekels. Wilde katoen (5-6 voet, 'n meerjarige op die walle van spruite), wilde stokroos, en die ligroos kiesieblaar behoort almal aan dieselfde familie. Die goue of dwerg H. Aethiopicus is algemeen in die suide van Kaapland, veral na veldbrande. In die Kaapse Skiereiland groei ook die taai klein struik met pienk blomme, die Malvastrum scabriosum.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Heyman, Kolonel Sir Herman Melville
Volgende onderwerp: Hicks-Beach, Sir Michael
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:13:31 MGT 2024