Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Heyman, Kolonel Sir Herman Melville
Heyman, Kolonel Sir Herman Melville [boodskap #122156] So, 16 Desember 2018 14:24
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Kolonel Sir Herman Melville Heyman was 'n Zimbabwiese (destyds Rhodesiese) soldaat en pionier. In 1859 in Gibraltar gebore; ontvang onderwys in Londen en kom in 1877 na Suid-Afrika. Sluit aan by die Cape Mounted Rifles en veg in die Gaika-Galeka-oorlog 1877-78, die veldtog teen Morosi in 1879, die Basoeto-Geweeroorlog 1880-81. In 1890 tree hy op die voorgrond in die British South Africa Police toe hy die Portugese verhoed het om 'n houvas op Zimbabwe (Rhodesië) te kry in die veldtog van Macequece. Hy veg ook in die Matabele-oorlog van 1893 en beklee later belangrike poste in die Rhodesiese staatsdiens. Tree in 1896 af om resident-direkteur van Willoughby's Consolidated te word. Was lid van die Wetgewende Vergadering van 1901 tot 1907 en weer van 1907 tot 1920. In 1894 was hy voorsitter van die Imperiale Grondkommissie, en tydens die Eerste Wêreldoorlog was hy in bevel van die Rhodesian Reserve Regiment. Oorlede in 1935.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Heuningvoëltjie
Volgende onderwerp: Hibiskus (Malvaceae)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:00:12 MGT 2024