Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Sentech-toring (Hertzogtoring)
Sentech-toring [boodskap #122152] So, 16 Desember 2018 14:17
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Sentech-toring (vroeër die Hertzogtoring) was op 'n tyd die hoogste mensgemaakte struktuur in Suid-Afrika. In 1961 opgerig op die Brixtonheuwel, Johannesburg, en vernoem na die Minister van Pos- en Telegraafwese, dr. Albert Hertzog. Dit is 240 meter (750 voet) hoog en is ingerig vir Baie Hoë Frekwensie-uitsendings en beeldradio. Dit is toegerus met 'n hysbak en uitkykkorf vir besoekers. Dit is egter sedert Januarie 1981 vir die publiek gesluit.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Hertzog, Generaal James Barry Munnik
Volgende onderwerp: Hertzogville
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:27:35 MGT 2024