Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Hertzog, Dr. Albert
Hertzog, Dr. Albert [boodskap #122150] So, 16 Desember 2018 11:20
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Dr. Albert Hertzog was 'n Suid-Afrikaanse Minister van Pos- en Telegraafwese en Gesondheid. Seun van wyle generaal J.B.M. Hertzog. Op 4 Julie 1899 in Bloemfontein gebore en studeer aan die Grey-Kollege, die Universiteit van Stellenbosch, Oxford, Leyden en Amsterdam. Nadat hy hom as advokaat bekwaam het, word hy in 1948 parlementslid en in 1958 Minister. In 1969 was hy 'n stigterslid van die Herstigte Nasionale Party. Hy is op 5 November 1982 in Pretoria oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Hertzog
Volgende onderwerp: Hertzog, Generaal James Barry Munnik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:42:07 MGT 2024