Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Herschel, Sir John Frederick William
Herschel, Sir John Frederick William [boodskap #122147] So, 16 Desember 2018 11:15
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir John Frederick William Herschel was 'n sterrekundige. Gebore in 1792; die seun van die groot sterrekundige sir William Herschel. Sy sterrekundige navorsing voer hom na die Kaap die Goeie Hoop in 1834. Hy bly hier vir 4 jaar en het sy sterrewag op Feldhausen, Claremont, Kaapstad. Daar ontdek hy 1,708 newelvlekke en 1,202 pare dubbelsterre. Hy open 'n nuwe veld met betrekking tot bestralingsmeting en bevind dat daar 'n verband bestaan tussen uitbarstings op die son en Auroras op die aarde. Hy doen ook ander verreikende ontdekkings. Op versoek van die Kaapse regering stel hy die Kolonie se skoolstelsel op wat vandag nog in gebruik is. Sy Cape Astronomical Observations is in 1847 op koste van die Hertog van Northumberland gepubliseer. Oorlede in 1871.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Herschel
Volgende onderwerp: Herschelskool
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:14:17 MGT 2024