Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Hermanus
Hermanus [boodskap #122143] So, 16 Desember 2018 11:09
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Hermanus is 'n kusoord in Walkerbaai, sowat 75 myl van Kaapstad. Dit is in 1855 as 'n vissersdorpie gestig met die naam Hermanuspietersfontein na die dorpsleier Hermanus Pieters. Sedert 1904 'n gewilde vakansie-oord met 'n verfrissende klimaat en pragtige natuurtonele, hengel, seiljag en gholf. Sir William Hoy het baie vir die vooruitgang van Hermanus gedoen en in 1912 een van die eerste padmotordienste daarheen ingestel. Die Staats-observatorium vir Magnetisme is daar opgerig. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 4,586 (2,438 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Hermannsburg
Volgende onderwerp: Hermon
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:39:29 MGT 2024